Tenerife | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Tenerife | |
Geografie | |
Ligging | Spanje, Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 28°19′N 16°36′W / 28.317°N 16.600°W |
Argipel | Kanariese Eilande |
Totale eilande | 13
|
Oppervlakte | 2 034,38 vk km |
Hoogste punt | Teide 3 718 m |
Administrasie | |
Spanje | |
Outonome Gemeenskap | Kanariese Eilande
|
Hoofstad | Santa Cruz de Tenerife |
Grootste stad | Santa Cruz de Tenerife (221 956)
|
Demografie | |
Bevolking | 908 555
|
Bevolkingsgroepe | Spanjaarde |
Grootste eiland van die Kanariese Eilande en digsbevolkte eiland van Spanje |
Tenerife is die grootste eiland van die Kanariese Eilande en digsbevolkte eiland van Spanje. Dit is in die middel van die eilandgroep geleë.
Dit het 'n bevolking van 908 555 inwoners en 'n oppervlakte van 2 034 km2. Die hoofstad is Santa Cruz de Tenerife. San Cristóbal de La Laguna is 'n groot stad in Tenerife en 'n Unesco-wêrelderfenisgebied.
'n Ander wêrelderfenisgebied is die Teide Nasionale Park met die Teide-bergpiek wat op 3 718 meter die hoogste punt van Spanje en die derde grootste vulkaan ter wêreld vanaf sy basis is.